Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 17 October 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! AFRIKAANSE KUNSTENAAR 'n Stem wat uit die hart sing Jay Morgan, gebore op 9 Junie 1994 in Germiston, Gauteng, is 'n talentvolle en toegewyde Afrikaanse kunstenaar wat sy passie vir musiek reeds op 'n jong ouderdom ontdek het. Ten spyte van 'n uitdagende kinderjare waarin hy in kinderhuise grootgeword het, het hy op sesjarige ouderdom sy liefde vir sang en musiek ontwikkel, wat die grondslag van sy loopbaan gevorm het. As onafhanklike sanger werk Jay daagliks met toewyding en deursettingsvermoë aan die uitbou van sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy is ook deel van die Bitter Lekker-, Rug Teen Rug- en Ontbytsake-spanne, waar hy sy passie vir vermaak en musiek verder uitleef. Met sy vars, moderne en oorspronklike Afrikaanse liefdesliedjies raak Jay Morgan diep aan luisteraars se harte. Hierdie jong kunstenaar van Delmas het vinnig naam gemaak met sy aantreklike verhoogpersoonlikheid, sterk verhoogaanwesigheid en kenmerkende stem wat gehore landwyd beindruk. 2021 Sy inspirasie 2022 AFRI-INDIE Jay put inspirasie uit die hoogtepunte en AFRI-INDIE MUSIEKTOEKENNINGS uitdagings van die lewe wat hy saam met MUSIEKTOEKENNINGS NUWELING sy vrou beleef op hul reis na die VAN DIE JAAR verwesentliking van hul drome. SERTIFIKAAT VIR Haar onwrikbare ondersteuning deur tye NEON LIGTE van sonskyn en storms dien as sy anker en ORIGINELE ELEKTRONIESE bly 'n belangrike bron van motivering in DANSMUSIEK-ENKELSNIT) sy persoonlike en professionele lewe. Deur sy loopbaan was Jay ook bevoorreg om die verhoog te deel met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, Dirk van der Westhuizen, Deon Groot, Liani May, Fatman, Dusty Dixon, Desmond Wells, Monique Steyn, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers, om slegs 'n paar te noem. Met sy passie, talent en vasheradenheid bewys Fay Morgan steeds dat hy alles in hom het om 'n blywende indruk op die Suid-Afrikaanse musiektoneel te maak.