< < < Back


ADAM

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 06 September 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 


ADAM is al lank genoeg in die musiekbedryf om van beter te weet… maar op een of ander manier doen hulle dit steeds nie.

Sedert Hugo Ludik ADAM in 2009 gestig het, het die groep ’n indrukwekkende versameling goue albums, Ghoema-toekennings, ’n SAMA, verskeie nommer-een-treffers op radio en ’n gesonde versameling liedjies bymekaargemaak wat gehore steeds woord vir woord saam kan sing.

Dit sluit gunstelingliedere in soos Liefde Soldaat, Hoogtevrees, Huurvry, Goud, Kasteel, Smoorverlief en Sal Oorlog Vir Jou Maak — die temalied van die Afrikaanse rolprent Pad na jou Hart, wat ook met ’n Ghoema-toekenning vir Lied van die Jaar bekroon is.

Die huidige vertonings bring Hugo Ludik, Christoff de Beer en Nicholas Jordaan saam. Die drie sangers, liedjieskrywers en musikante spog met ’n ongelooflike hoeveelheid jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hugo het ADAM in 2009 gestig, Christoff is al vir jare deel van die ADAM-familie, terwyl Nicholas, die nuutste lid, ook bekend is as deel van Rubber Duc en Bosduif.

Maar vergeet van die CV, want ’n ADAM-vertoning gaan eintlik oor groot liedjies, driestemmige harmonieë, stories, verskriklike grappies, versoeke wat hulle dalk later sal berou, en drie volwasse mans wat hul absolute bes probeer om nie soos volwasse mans op te tree nie.

Kom sing saam.

Hulle gaan waarskynlik ook.