Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 18 April 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Julanie J is 'n jong, talentvolle Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat aanvanklik bekendheid verwert het vir haar Christelike musiek, maar nou ook uitblink in die Afrikaans/ Pop en kontemporere genres met splinteruwe materiaal wat sy spesiaal vir hierdie gehore ontwikkel het. Die passievolle sangeres se aanloop tot sukses het in alle erns afgeskop in 2016, toe haar debuut- album Spirit Breakout binne minder as 24 uur van vrystelling Top 20 erkenning behaal het op die internasionale iTunes-ranglys, en terselfde tyd aangedui is as nommer 3 op ons plaaslike ranglys. Sy is ook in dieselfde jaar op die ouderdom van 19 genomineer vir 'n Mzansi-toekenning - 'n enorme eer en prestasie vir 'n relatiewe nuweling in die Suid- Afrikaanse kalklig. Julanie J se musiek-loopbaan strek egter veel verder terug; sy het reeds op die ouderdom van 4 haar eerste liedjie gekomponeer, en Spirit Breakout bevat werke wat sy onderskeidelik op ouderdom 9, 11 en 13 geskep het. Deesdae is sy kliphard aan die werk aan nuwe musiek vir haar eie platforms, maar ook in groot aanvraag onder ander plaaslike en internasionale musikante wat in groot getalle aanklop vir haar gesogte liedjieskryf- dienste. Warner Music South Africa het vanaf 2019 tot 2022, Vyf Afrikaanse enkelsnitte as ook Julanie se eerste Afrikaanse album *Mooi" uitgereik . People magazine noem haar "South Africa's new pop princess" en 'n onlangse Huisgenoot resensie sê dat Julanie "beslis 'n kunstenaar is om dop te hou." Met Snitte soos "Sandkastele, Dalk is Ek, Liefde wat ons Heelmaak" en die radio treffer "Arm" weet ons Julanie is verseker hier om te bly Tot groot eer vir Julanie J, wat as kind visie-probleme ervaar het, was sy in 2017 aangewys as 'n Ster- Kinekor 'Vision Mission' ambassadeur. "Deur my wedervaringe as kind het ek geleer dat daar steeds 'n groot stigma bestaan rondom bril-dra, as ook visie probleme en ek wil hierdie platform gebruik om kinders daarbuite aan te moedig om hulself te aanvaar net soos hulle is sodat hul kan uitblink in alles wat hulle aanpak," vertel sy. Ten spyte van haar snelle sukses en blink toekoms, bly Julanie J steeds 'n nederige Afrikaanse meisie met haar wortels diep gedelf in haar geloof, gemeenskap en familie. "Ek is 'n gewone meisie met 'n groot liefde vir die lewe, my mense en 'n lekker groovy bassline. Ek is die jongste van ses kinders en reeds die trotse tannie van 'n hele paar rakkers. My mense, bloed of nie, is my alles."