< < < Back


Birthday Bash Celebration with Nádine

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

  


Date: 29 November 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

MEER AS 500 000 ALBUMS VERKOOP IN HAAR TUISLAND

Nádine is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met verkope van meer as 500 000 CD’s in haar geboorteland, Suid-Afrika, alleen. Suid-Afrikaners luister al meer as 25 jaar lank na haar musiek, met haar debuutalbum wat die lig gesien het toe sy 13 jaar oud was. Haar kristelhelder stem, haar borrelende persoonlikheid en die vermoë om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die begin af gewild gemaak by die publiek. In 1997 het Nádine die verhoog gedeel met die Spice Girls en Billy Ocean tydens die "Two Nations in Concert" in Johannesburg.

THIS TIME I KNOW

Nádine skryf vele platinum- en goue status-toekennings agter haar naam. Sy doen ten minste 120 vertonings per jaar, en nie net in haar geboorteland nie. Sy is ook ’n bekende gesig in Europa, en sy word internasionaal bestuur deur ’n Belgiese maatskappy. Haar album, “This time I know”, is in samewerking met die top-Sweedse vervaardiger, Nick Manic, opgeneem. Die titelsnit was dadelik ’n treffer, terwyl liedjies soos “Made up my mind” en “Coming home” net so gereeld deur radiostasies gespeel is.

BESTE POP-ALBUM

Haar Europese avontuur het in die somer van 2009 behoorlik vlam gevat met vertonings daar, asook ’n toer na Nieu-Seeland. Sy sluit die jaar op ’n hoogtepunt af toe “This time I know” die gesogte Vonk-toekenning vir beste pop-album in Suid-Afrika wen.

WORLD PEACE SONG FESTIVAL

Nádine is die eerste en enigste Suid-Afrikaner tot op datum om die "World Peace Song Festival" te wen. Op 16 Februarie 2010 word die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres deur OGAE Italië as wenner aangewys met "This Time I Know It's For Real". In die proses skop sy stof in die oë van Coldplay (Engeland se inskrywing) en Ladyhawke (Nieu-Seeland). Volgens Nádine het die toekenning vir haar “baie selfvertroue” gegee om die album in Europa sowel as Asië uit te reik.

TOP OPVOERDER – TEATERSTER – CHINA

Haar talent is nie net tot musiekoptredes beperk nie; sy het ook ’n slag in die teater. In 2012 is Nádine genomineer vir die Suid-Afrikaanse Teatertoekennings vir haar hoofrol as Maria Magdalena in "Jesus Christ Superstar". Die Toco Asië-span sien haar raak en is dadelik verlief op haar. Hulle maak dan ook planne om haar  onder andere aan gehore in Shanghai, Beijing, Wuhan, Wenzhou, Tianjin Changsha en meer bekend te stel waar sy 22 vertonings doen

"LIGHT IN THE SKY" NOMMER EEN TREFFER

In Desember 2012 reik Nádine ’n nuwe Kers-album uit. "Christmas in South Africa" fokus op die multi-kulturele trots van SA, met liedjies wat tot mense se harte spreek in tale soos Afrikaans en Zoeloe. "Light In The Sky", Nádine se treffer van einde 2012, kry speeltyd in Suid-Afrika en België. Die liedjie was onder andere nommer een op Jacaranda Top 20, een van Suid-Afrika se gewildste radiostasies. 

2013 & 2014 - DIE BEGIN VAN GROTER DROME

Nádine het 2013 afgeskop met ’n landwye toer, gevolg deur voorbereidings vir ’n nuwe Engelse- en Afrikaanse album. Die twee nuwe albums beloof lekker popmusiek met ’n tikkie rock en ’n geurtjie van elektro. Sy is ook ’n bekende gesig by Huisgenoot Skouspel, een van die grootste en gewildste musiekproduksies in Suid-Afrika.

 “SKILDERY” Album word uitgereik en die liedjie SKILDERY is ’n nommer 1 treffer op al die radiostasies landswyd

N NUWE TV STER IS GEBORE

Suid-Afrikaanse televisiekykers kon reeds hulle gunsteling sangeres op die kassie sien sedert Mei 2014  met die begin van ’n nuwe musiekprogram. Nádine is as aanbieder gekies van “Musiek Roulette” wat op SABC2 uitgesaai word. Die ikoniese produksiemaatskappy, Stemburg Produksies, is die vervaardiger. ’n Lekker bonus is dat sy nie net aanbieder is nie, maar ook sing in die program. Die program is ’n reuses sukses nie net vanweë die interessante komponente in die musiekspelprogram nie, maar ook met die aanbieder se persoonlikheid.

Die Musiek Program Musiek Roulette waar Nádine die aanbieder was het vir 7 jaar op SABC2 verskyn

TEATER

·         Nádine slaag die oudisie in 2011 en word die hoofrol aangebied as Maria Magdalena in die teaterstuk “JESUS CHRIST SUPERSTAR”

·         Na die sukses van JCS word Nádine genader deur Deon Opperman om die hoofrol te speel in die teaterproduksie LIED VAN MY HART waar sy speel teenoor Steve Hofmeyr

·         In 2015 word sy weer genader om die hoofrol te speel in SNEEUWITJIE wat eersdaags Mei 2016 op die planke was by Emperors Palace

·         As gevolg van haar ongelooflike talent nader Pieter Toerien haar vir die hoofrol in JOSEPH & THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT” einde 2016

·     Die teaterstuk word opgevoer by MONTE CASINO TEATRO/ BAYWEST Teater in PE/THEATRE ON THE BAY KAAPSTAD/NEW ZEELAND

Nádine se dagboek is vol bespreek maar na die bootreis waarvan sy deel was “Rugby Cruise” 14 Februarie 2020 kom alle vertonings tot stilstand

In hierdie tyd begin Nádine haar eie dagboek saamstel en die dagboek sien die lig in 2020 waar sy ’n landswye toer doen met tussen 30 & 50 mense  per geleenteheid om die dagboek te bemark. Na die suksesvolle dagboek toer besluit sy en haar span om haar 25 Jaar in die musiek te vier deur 25 vertonings te doen in 2021, met steeds beperkte hoeveelheid mense by van die “venues” . Sy doen weer ’n dagboek wat vinnig uitverkoop onder haar bewonderaars. Sy begin ook haar “Nellie Vellie” reeks in leerskoene, handsakke, belde en grimeersakkies

In Januarie 2022 vlieg Nádine België toe om Jingles te gaan opneem en vele vertonings volg daarna. Sy bring ook haar eerste Afrikaanse liedjie “LIEFDE SONDER N MAAR”uit na 7 jaar

2023

·         Die jaar skop goed af met ongelooflike belowende vertonings

·         Sy tree op oa by die KKNK, is op 3 bootreise as mc en gaskunstenaar

             (Die Bokboot, die Rugbyboot en die Sokkie Boot)

·         Sy tree ook saam met die Drakensberg Seunskoor op in Junie en word deel van die

ongelooflike kersopvoering Desember in Vlaandere

·         Sy bring n nuwe kreatiewe vertoning  na teaters genaamd “KLEURE”

 

2024

 

·         Nádine is die enigste SA kunstenaar wat optree by die Retro Show

·         Sy tree op as  MC & is  een van die kunstenaars op die Rugby Legende Boot

·         Sy neem n duet liedjie op saam met DOZI wat binne n paar weke  klim tot 800 000 views

·         Sy word genader om as “HEADLINER ENTERTAINER op te tree op die Royal Carribean World Cruise en kry staande applous.  Sy is die eerste SA kunstenaar wat genader is om daar op te tree

·         Sy word genooi om deel te wees van die Rugby Legendes as Sangeres en MC in Zambia 31 Oktober tot 3 November

·         Sy tree op in November by die Hall of Fame prestige geleentheid met die Sokker Legendes

·         Nádine is een van die kunstenaars by die POP Diva Show in die Sun Arena waar sy die verhoog deel met Bonnie Tyler/PJ Powers/Blackbird.  Boonop is sy die MC vir die aand

2025

·        Nádine se jaar skop af met meer as 71 vertonings reeds op haar kalender

·         Sy tree op as 1 van  10 kunstenaars in die “Ikoon” konsert met Steve

·         Sy  word n tv program aangebied as “Aanbieder” wat later die jaar opgeneem word

·         Sy word genader om deel te wees van die ongelooflike suksevolle  ”Swinging in Las Vegas”  Vertonings  wat gedurende Mei opgevoer is , uit 8 konserte bestaan en wat later Internasionaal geneem word

·         Sy vorm deel van die ATKV Crescendo groep en word genader om deel te wees van hulle opvoering 4 Julie

·         Nádine is ook deel van “SKRYF IT” waar sy  een van 5 beoordeelaars is  wat op soek is na die beste nuwe Afrikaans liedjie vir die FAK en sy en Login het dit gewen 

·        Na die suksesvolle vertoning op die wêreld boot “Royal Carribean” word sy weer genader om in November op te tree op die boot

·        Nádine tree op by INNIBOS Julie en sing vir die eerste keer die liedjie “BLY” geskryf deur Steve Hofmeyr.  Na 185 000 views besluit sy om die liedjie op te neem en dit is so pas vrygestel

Voorwaar n kunstenaar met n opregte hart, ongelooflike stem en  met geen perke!